profile img

Jy is Uniek

jyis_uniek

Jy kan my iets vra of vertel.?

116 Replies

Ek word ek hele tyd gefriendzone deur seuns. Wat doen ek verkeerd se ek iets wat ek ni moet ni of doen ek iets wat ek ni moet doen ni. Het jy enige raad vir my om ni mee gefriendzone te word ni?😔

Ahhh ‘the friendzone’, iets wat ek al self baie keer experience het🙈

Ongelukkig is daar niks wat mens kan doen as iemand nie die gevoelens wat jy vir hulle het ook deel nie.

Ek dink nie jy doen iets verkeerd nie glad nie, die hartseer waarheid is dat daardie seuns jou net as ‘n vriend sien.
En ek weet hoe dit voel glo my, dit s*ck.

Ek het ook altyd hierdie manier om net vir die verkeerde persoon te val en dan kry ek op die ou einde seer.
Maar ek kan wel nou uit experience praat.

Die regte ou sal kom op die regte tyd.
Jy gaan nie die regte ou hoef te chase nie en die regte ou sal jou nooit friendzone nie.

Ek glo vas dat alles vir ‘n rede gebeur so as iets nie uitwerk met ‘n ou nie dan is daar ‘n rede daarvoor en dan moet mens weet dat hul dan nie die regte een is nie.

Soo as jy nie meer gefriendzone wil word nie dan stel ek voor dat jy moet wag vir die regte ou en die signals dop te hou sodat jy kan agterkom of die ou reg is vir jou of nie en of hy jou gevoelens deel of nie.

Hoop ek kon helpđŸ™ˆâ€ïž

jyis_uniek replied 1793 days ago 1

So my ou het op my gecheat, nou is ons weer saam en hyt belowe dit gaan nooit weer gebeur nie. Ek vertrou hom maar dit voel asof hy interest verloor? En ekt vir hom gese hoe ek voel maar hy se hys nog lief vir my. Ek weet nie😕😕

Jammer dat ek nou eers antwoord❀

Dit is altyd moeilik om iemand te vertrou en nie als te oordink as hul op jou gecheat het nie.

Maar jy moet net doen wat reg voel vir jou.
En jy moet net jouself bly en jou kant bring in die verhouding want dis die beste wat jy kan doen.
Solank jy weet jy gee net jou beste in die verhouding.
Enn as hy nie sy kant bring nie dan gaan die verhouding nie werk nie want ‘n verhouding is gemaak vir 2 mense wat saam as ‘n span werk.

Ek glo jy moet net die situasie trust en glo dat alles sal uitwerk soos dit moet.
Hy het gesĂȘ hys nog lief vir jou so nou moet jy net vertrou dat hy dit bedoel.

Moenie alles oordink en gereeld vra of hy nog belangstel of nie want dit kan onnodig bakleiery veroorsaak.
Ek glo as hy werklik interest verloor dan sal hy die verhouding beëindig.

Ek glo jy verdien soveel beter as iemand wat op jou gecheat het maar die feit dat jy hom terug gevat het na als wys jou hart en hoe lief jy hom het❀
So ek hoop werklik dat alles sal uitwerk❀

jyis_uniek replied 1794 days ago

Ek en my ou is al amper 2 maande saam, maar dit voel vir my hy is te besig vir my. Enige raad?❀

Ek stel voor dat jy net met hom praat en net sĂȘ hoe jy voel want hy gaan nie magically weet hoe jy voel nie, hy gaan net weet as jy vir hom sĂȘ.

Julle moet net ‘n heart to heart hĂȘ en seker maak dat jul albei op dieselfde bladsy is❀

jyis_uniek replied 1954 days ago

Hoekom post jy nie meer goed nie?

Want ek is op die oomblik besig met eksamen en dis bietjie stresvol.

Enn dis vir my belangrik dat dit wat ek post authentic moet wees en iets beteken.
Ek wil nie net ‘n quote post om een te post nie.

Dit moet ‘n belangrike boodskap dra.
So as ek nie iets op my hart het wat ek wil post nie dan gaan ek wag tot ek het.

jyis_uniek replied 1983 days ago

Wat doen mens as jou sussie heeltyd voorgetrek word en jou ouers jou heeltyd sleg behandel?
Wou al selfmoord pleeg baie,maar kry net niks reg nie?

Selfmoord is nie ‘n opsie nie.
Asseblief onthou dit❀

Jy is goed genoeg
Jy is spesiaal
Jy is gorgeous van binne en buite
Jy is amazing net soos wat jy is
You are loved
You are wanted
You matter
You are important
You are not a failure
You are not a burden
You are worthy of so so much love
You are perfect just the way you are cause a perfect God made you with His bare hands and everything that He creates radiates perfection.
You were made to do great things

Hoe weet ek al hierdie?

Want God het jou gemaak met die gedagte dat die wĂȘreld iemand soos jy nodig het.

Dis oky om nie altyd oky te voel nie, solank jy net onthou dat dit nie so kan aanhou nie.

Ek weet presies hoe jy nou voel
Ek het al soo soo sooo soooooo baie keer gevoel soos wat jy nou voel en dis hoekom ek voel dat ek al hierdie nou vir jou kan sĂȘ want ek verstaan op ‘n diep level wat deur jou kop en hart gaan.

Jy is nie alleen nie, jy was nog nooit nie al het dit so gevoel.

Eks jammer dat jy voel dat jou sussie voorgetrek word.
Dis nooit lekker nie.
Maar die beste ding om te doen is om net eerlik te wees met jou ouers en vir hul te vertel hoe jy voel want ouers besef nie altyd wanneer hulle iets doen wat hul kind ongelukkig maak nie.
So dis goed om oop te wees met jou ouers want so versterk jy ook jou band met hulle.❀

As jy sĂȘ dat jou ouers jou sleg behandel is dit bietjie te vaag.
In watse opsig behandel hul jou sleg?
Wat doen hulle?

Ek kan nie rerig raad gee as jy te vaag is nie.

jyis_uniek replied 1983 days ago

Hi is jy Zanell nog wat page run?

Ja natuurlik ?
Wie anders?

jyis_uniek replied 1997 days ago

is jou jy is uniek nommer nog valid op whatsapp

Nee ongelukkig nie. Dit is nie eers meer my nommer nie want ek is nuut by Cell C soo ek het ‘n nuwe nommer gekry,maar ek het ook gekies om die account te delete want baie mense het my vreemde goed op whats app gestuur en dit vir die verkeerde redes gebruik.

As jy my wil kontak kan jy my DM want my DM’s is altyd oop❀

jyis_uniek replied 2137 days ago

Hey, so ek weet jy was eers in die begin van graad 8 in Ƅ skool, toe skuif jy. Ek is in die skool nogsteeds maar ek voel regtig ongelukkig en ek voel soos dis te laat om te skuif, of dalk gaan drama weer begin by die nuwe skool. Enige raad?

Dit is nooit te laat om te kies om happy te wees nie?
Jy moet doen wat die beste vir jou sal wees en die keuse maak wat jou die gelukkigste gaan maak.

Ek kan nie sĂȘ dat as jy na ‘n nuwe skool toe gaan, gaan dat daar nie ook drama gaan wees nie want oorals is drama?

Die enigste raad wat ek vir jou kan gee is dat jy moet doen wat die beste sal wees vir jou.
Die lewe is te kort om dit te spandeer om ongelukkig te wees.

Ek kan nie vir jou sĂȘ dat as jy na ‘n nuwe skool toe gaan dat alles dan perfek sal wees nie want lewe is nie perfek nie en oorals rondom ons gebeur dinge wat sleg is maak nie saak in watse skool jy is nie.
Ek is self nie baie happy in die skool waar ek nou is nie ek meen dit is dalk beter as die vorige skool maar daar is oorals die clicks wat jou remind dat jy nie inpas nie of die seuns wat nie met jou wil praat nie a.g.v jou bril of die onderwysers wat sleg klas gee en ongeskik is of mense wat oor jou skinder en jou naam sleg maak(daai is maar net ‘n paar wat ek nou aan kan dink)
Ek kan ook seker weer na ‘n ander skool toe gaan maar dit beteken nie dat dit anders gaan wees nie want ek dink oorals is skool dieselfde. Dit gaan meer daaroor om te leer om te deal met die situasies en sterkter te word en uit die situasies te leer.

Maar jy MOET doen wat jou happy sal maak.
So as jy vir ‘n feit weet dat om na ‘n nuwe skool toe te gaan, gaan beter wees vir jou dan sĂȘ ek dat jy dit moet doen.
Maar as jy twyfel en onseker is dan sĂȘ ek dat jy moet bid en closure kry by God en hoor wat Hy dink jy moet doen.
Vra en Hy sal antwoord.❀

Ek hoop ek kon darm bietjie help?
As jy nog verder wil praat dan kan jy my enige tyd dm?

Sterkte✹

jyis_uniek replied 2222 days ago

Moet nooit jouself onder skat nie jy is God se meesterstuk!!

Aag wow?
baie dankie die beteken baie?❀?
Selfde geld vir jou❀

jyis_uniek replied 2242 days ago

Oulike page met ñ doel❀

Baie dankie ek waardeer dit❀?

jyis_uniek replied 2242 days ago

Deel 2 : eks net bang as ek dit vir hom sĂȘ dan gaan ons nie meer beste vriende kan wees soos ons was voor enige gevoelens betrokke was nie ??‍♀?? raad?

Dit is belangrik dat jy vir hom sĂȘ hoe jy voel.
Ouens waardeer dit as meisies straightforward is want dan weet die ou waar hulle met die meisie staan.

Jy moet nooit toelaat dat enige iemand jou pressure om enige iets te doen nie want jy kan naderhand spyt wees.
Die mense wat vir jou sĂȘ wat om te doen kan maar gaan vlieg want dis jou keuse en dit het niks met hulle uittewaai nie❀

Jy moet seker maak dat jy gemaklik en happy is.
Vat dinge rustig en maak seker dat jy reg is voor jy in iets in rush.


Ek weet jy is bang, maar jy moet eerlik wees met hom en sĂȘ hoe jy voel.
As hy rerig omgee oor jou dan sal hy verstaan as jy wil wag want hy gaan dan voel dat dit die moeite werd is om ook vir jou te wag.

Hoop ek kom help❀?

jyis_uniek replied 2242 days ago

Deel 1 . So - ek en Ƅ ou is iets , ek het gevoelens vir hom en als. Maar ek voel eks nie reg vir Ƅ verhouding nie. Maar almal druk ons om in een in te beweeg ❀ , ek dink net soos ons moet wag vir die regte tyd.

Sal als by deel 2 antw❀

jyis_uniek replied 2242 days ago

Hi?
HOU AAN met wat jy doen,Jy is beslis n disippel van GOD!
Hy het jou baie lief❀
Jy is n rolmodel vir enige siel?

Wow.?
Ek weet eerlik nie wat om te sĂȘ nie?
Baie baie dankie, die boodskap beteken ongelooflik baie vir my❀?

God het jou lief❀

jyis_uniek replied 2243 days ago

Ek het jou al baie gedm en vra vir n shout out maar jy ignore my net. hoekom gee jy nooit vir mense shout outs nie??

Ek kry eintelik soo baie dm's soo moenie aanneem dat ek jou net ignore nie?ek kan net nie almal dadelik antw nie.

Enn oor die shoutouts. Ek het nie my page gemaak om die hele tyd vir ander mense shoutouts te gee nie soo dis hoekom ek dit nie doen nie?

jyis_uniek replied 2341 days ago

Is jy by bloem skou?

Nee?
Was jare laas daar.

jyis_uniek replied 2386 days ago
VIEW MORE