Visit this profile later to see if your question was answered.
Gee jouself tyd. Dis nie lekker nie, maar mens sien dinge baie anders as jy net vir 'n rukkie terug staan en op ander, nuwe, goed fokus ? sterkte
Ekt ongelukkig nie ondervinding met dit nie.
Wees net eerlik met mekaar en met jouself oor die verhouding. ?
Jy kan werk aan die verhoudings.. dis nie maklik nie, maar dit is moontlik.
Maar ek stel voor dat jy met die mense gesels. En dalk voorstel dat julle aan dit werk.
Wees onvoorwaardelik en spontaan lief vir jouself en die mense wat tans in jou lewe is.
Daar gaan ongelukkig nog paar mense wees wat jou gaan teleurstel omdat jy onvoorwaardelik lief het... maar daar is mee mense wat hierdie liefde van jou nodig het. Moenie ophou liefde gee nie. Onthou net om na jouself ook te kyk ?
??
Ek glo dat as jy weer iemand naby jou wil toelaat wat jou hart gebreek het, moes jy en die persoon al2 baie verander het - anders gaan dieselfde net weer gebeur.
Ek dink ook na 'n hartbreek moet jy tot 'n mate op jou eie ook ok kan wees. Self die stukkies aan mekaar sit. Jy moet kan gelukkig wees sonder daai persoon.
Net my opinion though ?
Jy ken joiself die beste en eks seker jy het so idee hoe die gaan uit draai... vertrou jouself.
Dis nie maklik om te skryf as jy besig is met goed wat binne jou aangaan nie. Om dit neer te skryf maak jou emosies real op 'n ander vlak. Ek sukkel baie om te skryf oor die goed waarmee ek deal.
En as dit kom by hoe jy goed se en jou skryfstyl- dit kom met tyd... goed wat ek 8 jaar terug geskryf het, lyk asof dit deur iemand anders geskryf is ?
As jy voel skryf help jou deur moeilike tye- hou net aan ... maak nie saak of jy voel dis goed of nie ... dit raak baie meer natuurlik soos wat jy aanhou ?
Voel vir goed wat jou nie sal seer maak nie... soos pringles en llamas ?
Wees geduldig en waardeer klein goedjies, vriende en familie.
Erens tussen als gaan jy iemand ontmoet wat worth it gaan wees om die kans van seerkry voor te vat ?
Moeni vir dieselfde tiepe ouens gaan nie ?
Leer ander soort mense ken ?
Tuindwergie
Ontmasker
Kaalwoorde
Sonskyn en orkane
Hou my story dop ? ek gee gereeld shoutouts vir van my fave pages
Dis nie maklik nie, maar jy moet sulke mense uit jou lewe sny.
Dis ok om aan jouself ook te dink.
Nee.
Ek is bang dat as ek settle vir enige iets minder as waarin ek in glo, dat ek nie gelukkig gaan wees nie. Ek weet ek gaan nie wees nie.
Ek glo dat mens moet droom. Al is mens soms naïef. Dit hou jou sane in die crazy wereld.
Ek sal ook nie sê dat ek verlief is op my idee van liefde nie. Ek het maar net my idees en drome van hoe en wat dit is agv als wat al in my lewe gebeur het ( dis maar so met almal van ons), maar eks 100% oop dat mense wat ek liefhet en vertrou, my idee van liefde kan beinvloed.
So ek het al seker 'n kans op liefde gemis.. ek gaan tien teen een weer...
Maar op die oomblik is my idee van liefde om na myself te kyk. Cliché ek weet, maar dit is vir my baie belangrik om eers heel te wees op my eie. Of, wel, so heel soos wat ek op my eie kan wees.
Mens kan nie liefde beplan nie en mens gaan erens 'n kans moet vat op iets wat jy nie ken nie... so in my journey om myself te wees het ek nog nie iemand só naby toegelaat dat ek daai kans vat nie. Dit sal nog kom ?
Ek het 10 000 goed wat ek nog wil bylas, maar in alle eerlikheid maak bittermin van my gedagtes oor die vir my sin. So ek hoop die antwoord jou vraag darem so bietjie... dm my as jy verder wil gesels. Jammer as dit deurmekaar klink. Ek is maar 'n deurmekaar mens.
Karen, my Gecko ??
Ek weet, maar jy is nog hier. So jy doen iets reg. ? byt vas.
Jy sal weet wanneer die tyd reg is.
Ja, maar ek weet nog nie wie nie...
Ek het 'n s6 ... maar al die fotos op my feed is met my kamera geneem... en so nou en dan die in my story ook.
Dis baie spesifiek ?
Moeni teveel probeer vashou aan dit wat jou seer maak nie. Die gedig is nie nodig nie. Fokus op jou.
Ed Sheeran- save myself
Jy kan dit vermy so veel as wat jy wil, maar as jy dit wat jou maak voel nie vermy nie, gaan dit bly. Of moontlik met tyd in iets anders in verander.
Baie keer as ons seer het, is dit iets waarmee ons self moet deal. As ons afhanklik gaan wees van ander om ALS in ons lewe vir ons uit te sort gaan ons nooit groei of leer nie.
Partykeer is die beste wat jy vir iemand kan doen is om hulle te laat gaan.
Onthou om na jouself ook te kyk. Sterkte. ?
Hey
Jammer ek het nou so lank gevat om by jou uit te kom. Ek is baie jammer om te hoor van al die mens in jou lewe wat jy verloor het. Dit is die seerste seer, ek weet. Dankie dat jý nog hier is.
Seer is eintlik so mooi, want dit wys dat daar liefde is ?
Bly sterk en wees by die mense wat nog hier is? van hulle het jou nodig.
As die gedagtes begin pla, dm my.
Ek persoonlik glo nie dit werk nie. Veral as daar nie binnekort 'n kans gaan wees dat julle permanent by mekaar gaan wees nie.
Maar dis net my opinie ? jy gaan self moet besluit of dit vir jóú die moeite werd gaan wees.
My beste raad is dat julle 2 eerlik moet wees met mekaar en praat oor wat julle wil he. Wees ook eerlik met jouself. ?
Hoop als werk goed uit vir jou ?
Praat met hom daaroor... hy is tog jou ou. Se vir hom hoe jy voel oor wat aangaan.
Sterkte ?
Eks bly jyt besluit om dit te probeer ? dit gaan great wees.
???
Naps
Deel jou woorde. Al is dit net met een iemand wat jy vertrou. Ek weet jy is klaar beter as wat jy self glo jy is. Dit wie jy nou is, is genoeg om harte te raak.
Wees eerlik as jy skryf. Eerlikheid en rou emosie raak harte. As jy glo wat jy skryf sal ander mense ook.
Skryf soveel as wat jy kan. As jy niks het om oor te skryf nie, skryf dan daaroor. Lees.
Kry twitter. Follow @nielbob en @tuindwergie (ons sal graag saam jou wil journey) en soveel as moontik ander afrikaanse mense. Deel jou gedagtes daar. Dit het my baie gehelp om oor die vrees te kom om ky woorde te deel ?
Ek glo in jou.
?
Amper 7jaar ?
Bring pringles
Tag myself gereeld in my posts ;)
????
??
Is hy julle vriendskap werd?
Dankie vir die ?
Ekt al baie hieroor gedink...
Vir my maak dit sin dat mens net skryf wanneer dit sleg gaan omdat mens gewoonlik alleen is in slegte tye. Mens wil nie altyd als met almal deel as jy seer het nie.
En as dit goed gaan is dit iets wat jy baie makliker met mense deel.. op ander maniers as skryf, want mens beeld geluk makliker uit in ander maniere as skryf. Soos drukkies en smiles ?
En ek sê altyd: daar is iets so ongelooflik mooi in die goed wat jou so ongelooflik seer kan maak. In jou seer groei jy. In jou seer leer jy. En dit is kuns. Dis hoekom slegte dae doe mooiste gediggies skryf. Jou seer het jou gemaak in die amazing mens wat jy vandag is. Kunswerk.
Challenge jouself om te skryf oor die goed wat jou gelukkig maak. Jy sal sien hoe inspireerend abder mense, mooi plekke en 'n koooie koffie kan wees.
?
Dankie dat jy hier is
Dink die tel vir ouens en meisies - dit gaan maar seker daaroor of daar só iemand in jou lewe is. 'n Hele paar van die my gedigte en quotes is nie vir 'n spesefieke meisie geskryf nie, maar eerder met die idee van eendag in gedagte (ek hou van die idee dat al is daar nie nou iemand nie, daar sal eendag iemand wees- en niks keer mens om oor dit te droom nie.) . Baie van dit was ook vir iemand geskryf.
So om jou vraag te antwoord: ja ouens dink ook soms aan spesefieke meisies as hulle sulke goed lees.
Dm my op @disllamamerch. Se net waarin jy belangstel en ek help jou van daar af. Dm is baie makliker as qooh.me
Ek is nie seker na watse vrae jy verwys nie. Ek antwoord meeste van die vrae wat ek kry. As ek nie jou vrae antwoord nie is dit deel van die bietjie wat negatief of afbreekend teenoor my of iemand anders was of dalk net irelefant. Dis ook maar bietjie moeilik soms, want ek verstaan nie altyd die konteks van die vrae nie omdat dit annoniem gevra word en soms net nie mooi verdyidelik word nie. As jy oor iets wil gesels of iets wil weet wat nie in my qoohs geantwoord word nie, dm my. ??
Dm @disllamamerch
Adobe illustrator
Dis hoekom begin skryf het ?
Teveel al.
Maar hey, jy sal fine wees alleen tot daai iemand kom. Omring jouself net met mense wat jy lief het. En voor jy jou oë uitvee loop jy in iemand vas van wie jy noe ontslae kan raak nie ;)
Monie jou solo adventures mis omdat jy té hard opsoek is na iemand nie. Die kanse is beter dat jy liefde gaan vind as jy op jou eie journey gaan gaan.
Dit klink hard, maar hyt sy kans gehad.
Shakespeare het dit nogal goed gedoen ??
Jammer oor die situation waarin julle is. Ek hoop als werk uit vir die beste
Dis ju beste vriend. Daar is tien teen een deurmekaar gevoelings oor waar julle nou staan met mekaar. Koffie + gesels = oplossing. Praat met mekaar oor wat dit vir julle beteken het ... dat julle weet waar julle met mekaar staan
Ek verstaan nie ?
Maar as jy probeer vra hoe ek 'n afro gegroei het ... weet ek ook nie wat die antwoord isi ?
Seker baie Pringles, koffie, naps en llamas ?
Baie dankie ??
Uit my ondervinding is dit nie 'n goeie idee om saam jou eks weer iets te probeer nie. Tensy julle al2 baie verander het in hoe julle dink en dinge doen, anders gaan dit weer eindig soos wat dit het.
En jou "ou liefde" is nie altyd die enigste liefde vir jou nie. Met bietjie geduld en 'n open mind kan jou hele lewe verander ?
Gee jou hart tyd.
Dont leave him hanging...
Dit moes baie van hom gevat het om vir jou te se hoe hy voel. Julle is tog beste vriende, so moeni bang wees om 'n koffie te gaan kry en te praat hieroor nie. Ek neem aan jy voel nie dieselfde nie. So laat hom mooi weet presies hoe jy voel dan besluit julle van daar af wat julle met die vriendskap gaan doen. Die is nie 'n maklike situasie nie. Dink mooi wat jy se en doen en eks seker julle vriendskap sal fine wees x
Baie beter as wat ? Die saam wie jy nou is ?
Die klink seker vir my erger as wat jy dit probeer verduidelik aan my ?
Die ou saam wie jy nou is verdien om te weet waar hy staan met jou ... so ek dink dit sal beter wees om te besluit wat jy wil doen en dan met jou ou te praat.
Die rede hoekom ek gese het jy moet wegbly van die ander ou is, want ek weet dit is maklik im gevoelings te kry as jy baie tyd saam iemand spandeer... maar ek het ook gedink jy wil by jou ou bly?
Verhoudings is ook nie net tydelik tot jy iets of iemand beter vind nie. Dis hoekom mens eers baie tyd saam iemand moet spandeer en 'n goeie vriendskap moet bou voor jy in verhoudings in gaan, maar dis net my opinie.
Ek weet ook mens kani altyd help wat jy voel nie, maar jy kan beheer hoe jy optree sodra jy sekere gevoelings begin kry.
Pas jouself, en die mense vir wie jy omgee, op x
Moeilik.
Jy gaan of jou ou moet los ... of, beter, helemal weg bly van die ander ou af(anders gaan daar baie meer seer wees as wat nodig is...)
"Are you searching for purpose?
Then write something, yeah it might be worthless
Then paint something then, it might be wordless
Pointless curses, nonsense verses
You'll see purpose start to surface
No one else is dealing with your demons
Meaning maybe defeating them
Could be the beginning of your meaning, friend"
-Tøp
Die het my baie gehelp. Om iets te kry wat jou gelukkig maak. Lees, teken, sport... doen wat ookal jy moet doen om te ontsnap al is dit net vir 'n kort rukkie elke dag ... probeer nuwe goed. Jy sal verbaas wees om te sien hoe goed dit jou kan doen om nuwe goed te probeer.
Jy moet die gedagtes veg, asb. Dis worth it ? jy is worth it.
Op 'n manier leer mens na 'n ruk self om met dit te deal. Dis nie maklik of lekker nie, ek weet, maar byt vas, jy sal ok wees.
Probeer weer met haar praat. En wees eerlik. Oor als. Oor hoe dit jou seer gemaak het en oor hoe jy haar mis. Jy moet ook besluit wat jy soek in julle verhouding (net vriendskap of 'n verhouding) en ook respekteer wat sy voel.
Praat met haar.
Praat met jou ma en se vir haar wat in jou hart aangaan.
Praat met die ou en se vir hom wat die situasie is. As jy nie dit gaan doen nie is die kanse groot dat hy baie seer gaan kry.
Doen wat jy moet doen om jou hart gelukkig te hou.
Dit is moeilik as die inpirasie min en die studies baie is ? maar die page is iets wat ek doen om dat ek 'n liefde en passie vir dit het, so om konstan te wees kom natuurlik.
Ek dink meisies en ouens deal maar anders met 'n gebroke hart. Dit kan wees dat die konserwatiewe samelewing ouense keer om te praat oor hoe hulle voel. Ek kry ook gereeld Dm's van ouens af, so die platform word seker net meer deyr meisie gebruik?
Ek weet net dat as dit nie vir 'n hartbreek was nie, het Dis Llama nooit bestaan nie ?
Baie dankie ??
Ek het ongelukkig die laaste paar weke gemis ?
Dis amazing. Dankie ?
Lees.
Soweto sniper for life ?
Ongelukkig nie ?
Dm my eerder ?
Ek dink as jy die vraag moet vra, is die persoon nog nie oor sy/haar ex nie? Eks nie seker nie, dis maar anders met almal. Seker maar klein goedjies wat aandui of die pesoon aanbeweeg het of nie.
Begin deur haar vriend te wees. Dan vat jy dit van daar af. Goeie goed vat tyd. Sterkte
Hi buddy. Baie dankie vir die qooh. Dit beteken só baie ? Dit motiveer my om aan te hou
Lewe.
Praat met mense oor dit wat hulle lief het, glo my, dit maak enige persoon diep. Dit is ook amazing om te sien hoe mense opgewonde en passievol raak. Sodra mens ophou om mense te onderskat, begin hulle jou verbaas.
Probeer twitter. Dit gaan creepy klink, maar mens ontmoet die coolste mense daar. Dis waar ek en Tuindwergie mekaar raak getweet het.
Ek weet die is 'n baie moeilike plek om in te wees, maar jy ken hom die beste. As jy weet julle gaan nie as 'n couple werk nie, besef net dat dit ook amazing is om 'n beste vriend te he.
Ek wens ek kon vir jou beter raad gee, maar daar is soveel faktore wat 'n rol speel in die.
Ek hoop als werk uit vir jou.
Om oor iemand te kom vat tyd. Dit voel soos 'n ewigheid, maar jy sal fine wees.
Mens kan ook nie mense verander nie.
Om vas te hou aan "die beste ding wat al ooit met jou gebeur het" los jy geen plek vir nog beter goed om met jou te gebeur nie.
Sterkte
Kry iets waarvan jy hou en spandeer baie tyd daarop. Lewe s*ck soms vir almal, maar jy kan self sorg dat daar iets is wat als worth it maak. Dit klink cliché, maar dit werk, glo my.
Eerlikwaar glo ek nie so nie. As iemand jou so baie seer maak is dit dalk tyd om weg te loop. Dit klink hard, maar onthou om aan jouself ook te dink. Dit wat jy voel maak ook saak.
Blykbaar het mense baie vra vir die Llama
Baie dankie ?
My followers is lit ????
Bly om te weet jyt jou twin gevind ;)
Afstand het nog nooit goed gewerk vir my nie. Wat vir my werk is om vir 'n rukkie helemal jouself wlaf te sluot van daai pesoon af ... vat bietjie 'n breuk... dan na so 2 weke of 'n maand as jy nogsteeds dieselfde dink en voel, praat met hom en se wat aangaan.
Ook- moeni wag vi lr iemand wat nooit vir jou sal wag nie. En verstaan ook dat mens nie vir altyd kan wag nie. Ja gaan uitmis op so baie mooi as jy net een rigting kyk.
Die is net hoe ek dit sou benader ( of wel, eerder hoe ek dit benader het toe ek deur so iets gegaan het)
Sterkte x